dcsimg
Слика од <i>Caulerpa peltata</i>

растенија

Plantae

Plant ( африканс )

добавил wikipedia AF

 src=
Adiantum pedatum ('n varing)

Plante is een van die koninkryke van lewende organismes (ongeveer 300 000 spesies), wat insluit organismes soos bome, blomme, kruie, en varings. Aristoteles het alle lewende dinge ingedeel tussen "plante", wat gewoonlik nie beweeg of orgaansintuie het nie, en "diere" wat wel beweeg en oë en ore het. Joseph Priestley het 21 eeue later die rol van plante by die asemhaling en die uitwisseling van die gasse suurstof en koolstofdioksied bestudeer. Dit is sedert hom duidelik dat plante se belangrikste kenmerk is dat hulle vermag die energie van sonlig vir fotosintese te benut.[2] Plante was nogtans nie die eerste organismes wat dit vermag het. Dit was die sianobakterieë, wat soms —effens ontereg— blougroen "alge" genoem word. Plante het uit 'n simbiose van 'n eukariotiese sel met 'n aan die sianobakterieë verwante organisme ontstaan. Hierdie fotosintetiese organisme het 'n organel van die plant se sel geword wat die chloroplas genoem word. Die meeste plante vandag het chloroplaste en vermag fotosintese; hierdie proses het die planeet baie verander omdat dit suurstof vrystel. In die Neoproterosoïkum het deur hierdie proses die atmosfeer se suurstofgehalte gestyg van net 0,1% aan die begin van die Tonium tot amper die huidige waarde aan die eind van die Ediacarium. Dit het die aarde vir visse, skilpaaie, olifante en mense bewoonbaar gemaak. Alle energie wat ons mense uit ons voedsel verkry gaan terug op die plante se fotosintese.

Kladogram

Die oudste plante was groen alge wat in water voorkom. Hulle het later (omtrent 475 mj gelede) die land gekoloniseer en daar heelparty groepe gevorm.[3]

'n Eenvoudige kladogram daarvan is:

Viridiplantae

Groenalge


landplante

lewermosse (Hepaticophyta)




horingblad (Anthoceratophyta)




mosse (Bryophyta)




wolfskloue (Lycophyta)


vaatplante

varings (Pteropsida)


saadplante

naaksadiges



bedeksadiges









Die monofiletiese koninkryk van groenalge+hoër plante word Viridiplantae genoem ("groen plante") om dit te onderskei van die ou (polifiletiese) koninkryk "Plantae" wat ook die swamme en baie bakterieë bevat het.

Soorte plante

Plante het hulle aan baie verskillende omstandighede aangepas. bome wat hout vervaardig kan groot woude vorm, grasse kan die veld bedek en daar is halofiete wat op verbrakte land leef of vetplante wat in droë gebiede voorkom en so meer. Die fotosintese kan ook verskil soos tussen C4-plante, C3-plante en CAM-plante.

Ander koninkryke

Sien ook

Verwysings

  1. Haeckel G (1866). Generale Morphologie der Organismen. Berlin: Verlag von Georg Reimer. pp. vol.1: i–xxxii, 1–574, pls I–II, vol. 2: i–clx, 1–462, pls I–VIII.
  2. innominatesociety.
  3. Antranik.org.

Eksterne skakels

лиценца
cc-by-sa-3.0
авторски права
Wikipedia skrywers en redakteurs
изворно
посети извор
соработничко мреж. место
wikipedia AF

Plant: Brief Summary ( африканс )

добавил wikipedia AF
 src= Adiantum pedatum ('n varing)

Plante is een van die koninkryke van lewende organismes (ongeveer 300 000 spesies), wat insluit organismes soos bome, blomme, kruie, en varings. Aristoteles het alle lewende dinge ingedeel tussen "plante", wat gewoonlik nie beweeg of orgaansintuie het nie, en "diere" wat wel beweeg en oë en ore het. Joseph Priestley het 21 eeue later die rol van plante by die asemhaling en die uitwisseling van die gasse suurstof en koolstofdioksied bestudeer. Dit is sedert hom duidelik dat plante se belangrikste kenmerk is dat hulle vermag die energie van sonlig vir fotosintese te benut. Plante was nogtans nie die eerste organismes wat dit vermag het. Dit was die sianobakterieë, wat soms —effens ontereg— blougroen "alge" genoem word. Plante het uit 'n simbiose van 'n eukariotiese sel met 'n aan die sianobakterieë verwante organisme ontstaan. Hierdie fotosintetiese organisme het 'n organel van die plant se sel geword wat die chloroplas genoem word. Die meeste plante vandag het chloroplaste en vermag fotosintese; hierdie proses het die planeet baie verander omdat dit suurstof vrystel. In die Neoproterosoïkum het deur hierdie proses die atmosfeer se suurstofgehalte gestyg van net 0,1% aan die begin van die Tonium tot amper die huidige waarde aan die eind van die Ediacarium. Dit het die aarde vir visse, skilpaaie, olifante en mense bewoonbaar gemaak. Alle energie wat ons mense uit ons voedsel verkry gaan terug op die plante se fotosintese.

лиценца
cc-by-sa-3.0
авторски права
Wikipedia skrywers en redakteurs
изворно
посети извор
соработничко мреж. место
wikipedia AF