dcsimg
Image of Asian Rat Snakes
Creatures » » Animal »

Deuterostomes

Deuterostomia

Deuterostomia ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
Klades

Deuterostomia ("tweede mond" in antieke Grieks)[1][2] is ’n superfilum in die koninkryk Animalia (diere). Dit is ’n sustersklade van Protostomia; saam vorm hulle die klade Nephrozoa.

Kladogram

Bilateria Nephrozoa

Protostomia


Deuterostomia

Chordata




Hemichordata



Echinodermata






Xenacoelomorpha



Ontwikkeling

Deuterostomia is ’n takson van die klade Bilateria in die subkoninkryk Eumetazoa. Hulle word van Protostomia onderskei deur die manier waarop die embrio twee openinge ontwikkel: In Deuterostomia word die eerste opening die anus, terwyl Protostomia eers die mond ontwikkel.[3]

Daar is drie hoofklades in Deuterostomia:

Eienskappe

In beide Deuterostomia en Protostomia ontwikkel ’n sigoot eers in ’n hol bal van selle, wat ’n blastula genoem word. In Deuterostomia vind radiale kliewing plaas, waar die selle radiaalsimmetries ten opsigte van die as van die eier gerangskik bly. Die mesoderm vorm as evaginasies (uitstulpings) van die ontwikkelde ingewande; dit breek af en vorm die seloom (buikholte]].

’n Groot verskil tussen Deuterostomia en Protostomia is dat die opening aan die onderkant van die vormende gastrula by eersgenoemde die anus word, terwyl dit by laasgenoemde die mond word. By Deuterostomia ontwikkel die mond later aan die teenoorgestelde kant van die embrio en ’n spysverteringskanaal ontwikkel tussen die mond en anus wat die twee verbind.

Verwysings

  1. Wade, Nicholas (30 Januarie 2017). "This Prehistoric Human Ancestor Was All Mouth". New York Times. Besoek op 31 Januarie 2017.
  2. (2017) “Meiofaunal deuterostomes from the basal Cambrian of Shaanxi (China)”. Nature. doi:10.1038/nature21072.
  3. (2016) “The developmental basis for the recurrent evolution of deuterostomy and protostomy”. Nature Ecology & Evolution 1: 0005. doi:10.1038/s41559-016-0005.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Deuterostomia: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Deuterostomia ("tweede mond" in antieke Grieks) is ’n superfilum in die koninkryk Animalia (diere). Dit is ’n sustersklade van Protostomia; saam vorm hulle die klade Nephrozoa.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF