dcsimg

Vlermuisvalk ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Vlermuisvalk (Macheiramphus alcinus) is 'n roofvoël wat in Sub-Sahara Afrika en suid Asië tot in Nieu-Guinee voorkom. Dit is na sy prooi vernoem, wat hoofsaaklik uit vlermuise bestaan. Die Vlermuisvalk vereis 'n oop ruimte om te jag, maar sal op enige plek van digte reënwoude tot semi-droogte gebiede voorkom.

Beskrywing

Die Vlermuisvalk is 'n slanke, medium-grootte roofvoël, ongeveer 45 cm lank. Dit het 'n lang vlerke en tipiese valk silhoeët. Volwassene Vlermuisvalke is donkerbruin of swart, met 'n wit vlek op die keel en bors en 'n wit streep bo en onder elke oog. Onvolwasse Vlemuisvalke is bruin gevlek en het meer wit vere as volwassenes.

Gedrag

Vlermuise is die mees algemene prooi van die Vlermuisvalk, maar hulle sal ook klein voëltjies, soos swaeltjies en naguiltjies, of selfs insekte eet. Hulle prooi word teen 'n hoë spoed in die lug gejaag en gevang. Ongeveer 50% van hul jag is suksesvol.

Teling

Hofmakery behels toertjies in die lug. Die nes word met stokke gebou en is ongeveer 90 cm in deursnee en 30 cm diep. Die wyfie is alleen verantwoordelik vir die uitbroei van die eiers. Die manlike Vlermuisvalk help dikwels met die kos. Die eiers neem ongeveer een maand om uit te broei en albei ouers help om hul kleintjies te voed.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Vlermuisvalk: Brief Summary ( Afrikaans )