Die hortensia of krismisroos is ’n blomplant in die familie Hydrangeaceae en is inheems aan China en Japan. Sy wetenskaplike naam is Hydrangea macrophylla. Die term macrophylla beteken "met groot of lang blare".[1]
Dit is ’n bladwisselende struik wat tot 2 meter hoog en 2,5 meter breed word, met groot trosse pienk of blou blomme in die somer en herfs.[2]
Die bloeiwyse van die plant is ’n stingeltros, met al die blomme in ’n vlak of halfsirkel of selfs ’n hele sfeer. Twee soorte blomme word onderskei: sentrale, nie-ornamentele, vrugbare blomme en ornamentele randblomme wat gewoonlik as "steriel" beskryf word. ’n Studie van verskeie kultivars het egter getoon al die blomme is vrugbaar.
Die hortensia se blomme kan blou, rooi, pink, ligpers of donkerpers wees. Die kleur word bepaal deur die pH van die grond.[3][4] Suur grond (pH onder 7) sal ’n kleur nader aan blou tot gevolg hê, terwyl alkaliese grond (pH bo 7) sal lei tot pienk blomme. Om blou blomme te kry kan aluin (aluminiumsulfaat) by die water gegooi word.[5]
Talle kultivars word aangetref. Van hulle is:
Die hortensia of krismisroos is ’n blomplant in die familie Hydrangeaceae en is inheems aan China en Japan. Sy wetenskaplike naam is Hydrangea macrophylla. Die term macrophylla beteken "met groot of lang blare".