dcsimg

Geelstreepboskruiper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die geelstreepboskruiper (Phyllastrephus flavostriatus) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël in woude se middelstrata en blaredak. Die voël staan ook bekend as die Geelstreeptiptol en in Engels as die Yellow-streaked Bulbul. Die voël kom voor in verkeie kolle aan die oostelike kant van Suid-Afrika.

Voorkoms

Die voël is 18 tot 20 cm lank en weeg 22 tot 38 gram. Die borskant is lig en die snawel lank en dun. Die dowwe geel borsstrepe is net van naby en in goeie lig sigbaar. Die oë wissel van wit tot grysbruin.

Identifikasie

Die voël is aansienlik groter as die kleinboskruiper maar word die beste uitgeken aan sy manier van vreet: hy kruip teen takke op, pik insekte van blare af en flits aanhoudend een vlerk op 'n slag.

Hulle kom in groepe van vyf tot ses voor.

Sien ook

Bron

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Geelstreepboskruiper: Brief Summary ( Afrikaans )