dcsimg

Rajidae ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Vlete (Rajidae) is 'n kraakbeenvisfamilie wat hoort tot die orde Rajiformes. Daar is nege genera met meer as 200 spesies wat hoort tot dié familie. Vier van die genera met 25 spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Agtergrond

 src=
'n Tipiese rog met 'n wit onderkant. Die oë sit aan die bokant, wat u hier sien is tasorgane.

Die koppe en lywe van die familie is plat om saam met die pektorale vinne 'n plat skyf te vorm. Die stert is lank en dun en het gewoonlik twee dorsale vinne amper by die einde van die stertpunt. Daar is 'n ry stekels (dorings) op die stert en rug. Die vis het 5 kieusplete aan die onderkant van die kop. Die mond is klein en vol tandjies. Die visse van die familie is groot, 1,1 - 2 m. Hulle verkies sand of modderige bodems op die kontinentale bank van 200 tot 1 350 meter diep. Party spesies verkies vlakker water. Al die spesies is ovipaar. Al die spesies is eetbaar.

Genera

Een van die genera wat voorkom aan Suid-Afrika is:

Sien ook

Bron

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rajidae: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Vlete (Rajidae) is 'n kraakbeenvisfamilie wat hoort tot die orde Rajiformes. Daar is nege genera met meer as 200 spesies wat hoort tot dié familie. Vier van die genera met 25 spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF