dcsimg

Witstertmuishond ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die witstertmuishond (Ichneumia albicauda) is 'n muishond wat in die oostelike en sentrale areas van Suid-Afrika sowel as Mosambiek, Zimbabwe en die Okavango Delta in Botswana voorkom.

Voorkoms en bou

 src=
'n Witstertmuishond

Die soogdier word tot 4.5 kg swaar en is grysbruin met relatief lang swart bene. Die laaste vier-vyfdes van die stert het kenmerkende lang wit hare. Die kop is effens ligter van kleur as die lyf. Die kruis is hoër as die skouers as gevolg van die lang agterbene. Daar is ook twee subspesies: Meller se muishond en die kleinwitstertmuishond. Die mannetjies is effens swaarder as die wyfies.

Habitat

Hulle hou van waterryke boomveld, langs riviere en vleie in droër dele en hou ook van vogtige tipes bosveld.

Gewoontes

Die soogdiere eet kewers, termiete, grondvoëls, muise, paddas, slange en vrugte. Hulle is naglewend en kom eers na donker uit en is baie aktief in die eerste gedeelte van die nag. Die Witstertmuishond maak nes in ou erdvark of springhaasgate en is alleenlopers. Die soogdier draf gewoonlik met sy neus naby die grond en sy natuurlike vyande is die leeu en luiperd.

Voortplanting

Een tot drie kleintjies word vanaf September tot Desember gebore.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Witstertmuishond: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die witstertmuishond (Ichneumia albicauda) is 'n muishond wat in die oostelike en sentrale areas van Suid-Afrika sowel as Mosambiek, Zimbabwe en die Okavango Delta in Botswana voorkom.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF