dcsimg

Seelt ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Seelt (Tinca tinca) is 'n varswater vis wat natuurlik voorkom in Europa. Die vis is in 1910 vanuit Engeland in Suid-Afrika vrygelaat. In Engels staan die vis bekend as die Tench.

Voorkoms

Die vis is olyf groen of koper bruin tot amper swart en die onderkant is geel. Al die vinne is swart en die vis word tot 640 mm lank. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 1.98 kg.

Habitat

Die vis leef in diep water vol plantegroei soos in vleie en moerasse. Hulle kan oorleef in water wat arm is aan suurstof. Die vis is 'n omnivoor en vreet bodem ongewerweldes soos slakke en insekte. Hulle broei in vlak water tussen digte plantegroei. Die vis kom voor in die Breederivier en verskeie damme in die Wes- en Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. Freyhof, J. & Kottelat, M. (2008). Tinca tinca. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 25 Januarie 2010.

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Seelt: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Seelt (Tinca tinca) is 'n varswater vis wat natuurlik voorkom in Europa. Die vis is in 1910 vanuit Engeland in Suid-Afrika vrygelaat. In Engels staan die vis bekend as die Tench.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF