dcsimg

Koraalboom ( африканс )

добавил wikipedia AF

Die Koraalboom (Erythrina lysistemon) is 'n bladwisselende boom wat langs die KwaZulu-Natalse kus voorkom, in struikbosse en droë boswêreld, en ook in hoë reënvalgebiede op redelike hoë hoogtes soos op die hoëveld.

Die boom is 'n vinnige groeier en is bestand teen droogte. Die stam is gladderig en die kroon yl. Elke blom het 'n groot kroonblaar wat vier kleineres omsluit. Blomtyd is van Julie tot Augustus.

Daar bestaan 100 spesies koraalbome (genus Erythrina), waarvan meer as 8 in Suider-Afrika voorkom. Die meeste spesies groei net in warm streke, maar 'n aantal kom ook op die Hoëveld voor. Koraalbome is meestal doringagtig, met verdikte stamme en wortelstelsels. Die blomme is koraalrooi en buisvormig, en pienk, roomkleurige en wit blomme kom soms ook voor.

Die bome is bladwisselend en die blare is drieledig saamgestel: twee blare staan regoor mekaar en die derde is aan die punt. Die blaarstele en takke is van dorings voorsien en die boom dra knopperige peule. Wanneer die helderrooi saadjies, wat omtrent so groot soos ertjies is, ryp word, bars die peule oop. Die sade ontkiem maklik en kan geplant word. Die hout van die boom is sag en lig en word gebruik om vaartuie soos kano's en vlotte mee te maak. In die dae toe ossewaens gebruik is, is briekblokke van die koraalboom se hout gemaak.

Dit is bekend dat koraalbome alkaloïed, 'n gifstof wat spierverlamming veroorsaak, bevat. Wanneer spiere wat by die asemhalingsproses betrokke is, deur die gifstof verlam word, kan versmoring intree. Die kuskoraalboom (Erythrina caffra) en die gewone koraalboom (Erythrina lysistemon) word dikwels met mekaar verwar. Die kuskoraalboom kom egter net in die suidoostelike kusstreke van Suid-Afrika (Suidoos-Kaap en Natal) voor, terwyl E. Iysistemon in Oos-Kaap, Natal, Gauteng en in dele van Zimbabwe en Mosambiek aangetref word.

Die kuskoraalboom is 'n veeI groter boom as E. lysistemon. Terwyl laasgenoemde ʼn hoogte van 9 tot 12 m bereik, word die kuskoraalboom 18 tot 24 m hoog. Albei spesies groei in warm streke waar geen ryp voorkom nie. E.lysistemon blom in die winter en hoe droër dit is, hoe mooier en weliger is die blomme. Die kuskoraalboom blom egter in die lente. Albei spesies het eiervormige, toegespitste blare, terwyl buisvormige blomme in digte aarvormige trosse saamgevoeg is.

Die breëblaarkoraalboom (Flatissima) is 'n minder bekende spesie. Die boom word in die laer liggende dele van Transkei, KwaZulu-Natal eSwatini, die Laeveld, Mosambiek en Zimbabwe aangetref. Die breëblaarkoraalboom is ook nie so mooi soos die ander inheemse soorte nie. Dit is 'n ronde, gespreide boom wat 4,5 tot 6 m hoog word. Die takeindpunte is dik, vaalgrys en harig, en alleenstaande haakdorings kom op die takke voor. Die blare is grysgroen, fluweelagtig en byna rond, en word spiraalvormig aan die takeindpunte gedra.

Die blare, wat glad word wanneer hulle oud is, het onreëlmatige, golwende rande. Die blomme van die breëblaarkoraal word in kompakte trosse aan die takeindpunte gedra. Die blomme is aanvanklik ligrooi, maar word later koraalrooi. Hoewel die boom baie met ander spesies ooreenstem, is sy blomme nie so opvallend nie en dra hy ook minder blomme. Die boom blom van einde Julie tot in September Die kleinkoraalboom (E. humeana) kom in Suid- en Sentraal-Afrika voor.

Die boom word in die warm, oostelike dele van Suid-Afrika aangetref en is maar 1,8 tot 2,4 m hoog. Die blomme sit aargewys aan lang, kaal stingels wat pluimvormig uitsprei. Die boom dra in die middel van die somer bloedrooi blomme. Die ploegbrekerboom (E. zeyheri) het die naam gekry omdat hy so ʼn geweldige groot en verdikte ondergrondse wortelstok het. Die boom groei inderwaarheid onder die grond en net die takke steek bo uit.

Dit is ook die enigste koraalboom wat rypbestand is. Die ploegbreker groei hoofsaaklik in die hoogliggende dele van Suid-Afrika en het heldergroen eiervormige of hartvormige blare. Die ploegbreker het ook buisvormige, helderrooi blomme wat in aarvormige pluise gedra word. E. abyssinica word in Zimbabwe en dele van Mosambiek aangetref en lyk baie soos die breëblaarkoraalboom. E. decora is 'n spesie wat slegs in Namibië aangetref word en staan ook bekend as die Namibkoraalboom.

Dit is 'n struikagtige boom wat 3 tot 4 m hoog word, maar soms 'n hoogte van 8 m bereik. In baie ongunstige toestande verdwerg die boom soms tot 'n struik van 50 cm. Die blomme is helderrooi en bloei gedurende die somer. E. Livingstoniana is 'n groterige, gespreide boom wat tot 15 m hoog word en net in dele van Mosambiek en Zimbabwe aangetref word. Die Brasiliaanse koraalboom (E. crista-galli) is 'n struik wat 3,5 tot 5 m hoog word. Die plant is nie teen koue bestand nie en kom oorspronklik van Brasilië, hoewel dit as sierplant in Suid-Afrikaanse tuine aangeplant word. Die blare is ovaalvormig en dofgroen. Die blomme is ook koraalrooi en peulvormig, maar bars later oop en ontbloot 'n wye kroonblaar en 'n stewige meeldraad.

Die blomme is ook in trosse aan die takeindpunte versamel. Die plant blom gedurende die lente of vroeë somer. Die tamboekiedoring (E. acanthocarpa) is ook 'n struik (1 tot 1,8 m) en is een van die mooiste koraalbome. Die plant kom hoofsaaklik in Oos-Kaap voor. Die tamboekiedoring het ʼn geweldige dik wortelstelsel en het eiervormige, blougroen blare en rooi blomme met groengeel punte. Die boom blom vir 'n baie kort tyd (3 tot 4 weke) in die lente. Die blomme ontwikkel uit harige blomknoppe en is plat en buisvormig.

Medisinale gebruik

Daar word druppels vir oorpyn van die blare gemaak en 'n brousel van die wortels vir verstuitings.

Sien ook

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Erythrina lysistemon

Bronne

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
лиценца
cc-by-sa-3.0
авторски права
Wikipedia skrywers en redakteurs
изворно
посети извор
соработничко мреж. место
wikipedia AF

Koraalboom: Brief Summary ( африканс )