dcsimg

Pensstreep-tuna ( африканс )

добавил wikipedia AF

Die Pensstreep-tuna (Katsuwonus pelamis) is 'n roofvis wat rondom die wêreld voorkom in water wat warmer as 19 °C is. In Engels staan die vis bekend as die Skipjack.

Voorkoms

Die pensstreep-tuna het 'n kort en amper vaatjie ronde lyf. Die rugvin is blou-swart terwyl die sye silwer-blou is met die pens wit. Daar is swart strepe op die pens van die pensstreep-tuna. 'n Gemiddelde grootte vis weeg 3 tot 4 kg terwyl die Suid-Afrikaanse hengel rekord net onder die 10 kg is.

Habitat en gewoontes

Die vis verkies die oop see met watertemperatuur van tussen 19° en 30 °C. Hulle is baie sensitief vir veranderinge in die soutkonsentrasie van die seewater en vermy dele met 'n lae soutgehalte. Die vis leef saam in skole. Hulle swem en vreet net onder die oppervlakte van die see. Hulle vreet ansjovis, klein vissies, garnale en ander plankton.

Dit is nie 'n gewilde eetvis nie.

Sien ook

Bronne

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
лиценца
cc-by-sa-3.0
авторски права
Wikipedia skrywers en redakteurs
изворно
посети извор
соработничко мреж. место
wikipedia AF

Pensstreep-tuna: Brief Summary ( африканс )

добавил wikipedia AF

Die Pensstreep-tuna (Katsuwonus pelamis) is 'n roofvis wat rondom die wêreld voorkom in water wat warmer as 19 °C is. In Engels staan die vis bekend as die Skipjack.

лиценца
cc-by-sa-3.0
авторски права
Wikipedia skrywers en redakteurs
изворно
посети извор
соработничко мреж. место
wikipedia AF